0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R100 - R250 (8)
  • R250 - R500 (29)
  • R500 - R1,000 (6)
  • R1,000 - R2,500 (1)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 25 of 44 matches in All Departments

Nuwe Begin - Die Oranjerivierkolonie En Natal In Die Naoorlogsjare 1902 - 1910 (Afrikaans, Hardcover): Karel Schoeman Nuwe Begin - Die Oranjerivierkolonie En Natal In Die Naoorlogsjare 1902 - 1910 (Afrikaans, Hardcover)
Karel Schoeman
bundle available
R420 R310 Discovery Miles 3 100 Save R110 (26%) Ships in 4 - 8 working days
Imperiale Somer: Suid-Afrika Tussen Oorlog En Unie, 1902-1910 (Afrikaans, Hardcover): Karel Schoeman Imperiale Somer: Suid-Afrika Tussen Oorlog En Unie, 1902-1910 (Afrikaans, Hardcover)
Karel Schoeman
bundle available
R401 Discovery Miles 4 010 Ships in 4 - 8 working days

Die boek gee 'n voelvlugoorsig van die vier Suid-Afrikaanse kolonies gedurende die Eduardiaanse tydperk van 1902–1910. Die tydperk word deur Karel Schoeman beskou as die “hoogtepunt van die hele Imperiale gedagte” wat uiteindelik met die uitbreek van die Eerste Wereldoorlog sou eindig. Die klem val egter nie op die politieke besluite en ontwikkelinge nie, maar op die persoonlikhede van leiers- en ander figure, die omstandighede in die vier kolonies met hulle stede en dorpe, belangrike sosiale gebeurtenisse, die aanloop tot unifikasie in 1910 en die uitwerking van die belangrike naturelle grond-wet van 1913 op die lewenswyse van swart mense direk na Uniewording. Kort maar insiggewende tiperings word gegee van persoonlikhede so uiteenlopend soos oudpresident Steyn, Lord Milner, die dramaturg Stephen Black, die bendeleier Robert Foster, die avontuurlustige Mrs Edith Maturin en die deelsaaier Kas Maine. Ruim aanhalings uit verskillende bronne verlewendig die bespreking van alledaagse omstandighede op verskillende plekke in wat later die Unie van Suid-Afrika sou wees, soos die sketse van Jacob Lub oor die lewenswyse in Johannesburg, die setlaar Leonard Flemming se boeke oor sy eensame bestaan op 'n afgelee Vrystaatse plaas, en die talle verwysings na riksjas in die reisbeskrywings van besoekers aan Durban. Besonder boeiend is ook die hoofstukke oor die rol van Joodse smouse en handelaars in onder andere die volstruisveerbedryf en die toestande in die inrigting vir melaatses op Robbeneiland. Talle anekdotes en klein kameebeskrywings maak van Imperiale somer 'n besonder interessante leeservaring. Die boek word toegelig met ruim fotoseksies wat 'n visuele beeld van die era gee.

Babilon - Johannesburg In Die Koloniale Tydperk, 1902?1910 (Afrikaans, Hardcover): Karel Schoeman Babilon - Johannesburg In Die Koloniale Tydperk, 1902?1910 (Afrikaans, Hardcover)
Karel Schoeman
bundle available
R420 R310 Discovery Miles 3 100 Save R110 (26%) Ships in 4 - 8 working days

Die derde deel van die reeks Imperiale somer word aan Johannesburg in die onmiddellike nasleep van die Anglo-Boereoorlog gewy, waarby alle dele van die destydse gemeenskap aandag geniet, met inbegrip van die swart stadsinwoners en die ontwikkeling van ’n eie stadskultuur onder hulle en die mynwerkers.

Anekdotes en klein kameebeskrywings maak van Babilon ’n interessante leeservaring.

Rekonstruksie - Die Naoorlogsjare In Suid-Afrika, 1902-1905 (Afrikaans, Hardcover): Karel Schoeman Rekonstruksie - Die Naoorlogsjare In Suid-Afrika, 1902-1905 (Afrikaans, Hardcover)
Karel Schoeman
bundle available
R420 R310 Discovery Miles 3 100 Save R110 (26%) Ships in 4 - 8 working days

Die tweede deel van die reeks Imperiale Somer beskryf die einde van die Anglo-Boereoorlog, en die beleid van rekonstruksie en verengelsing wat hierna onder lord Milner in die twee ‘nuwe kolonies’, Transvaal en die Oranjerivierkolonie (Oranje-Vrystaat), aangepak is.

Dié tydperk word deur Karel Schoeman beskou as die “hoogtepunt van die hele Imperiale gedagte” wat uiteindelik met die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog sou eindig. Die klem val egter nie op die politieke besluite en ontwikkelinge nie, maar op persoonlikhede.

Talle anekdotes en klein kameebeskrywings maak van Rekonstruksie ’n besonder interessante leeservaring.

Moederstad - Die Kaap In Die Naoorlogsjare 1902-1910 (Afrikaans, Paperback): Karel Schoeman Moederstad - Die Kaap In Die Naoorlogsjare 1902-1910 (Afrikaans, Paperback)
Karel Schoeman
bundle available
R420 R310 Discovery Miles 3 100 Save R110 (26%) Ships in 4 - 8 working days
Afskeid van Europa (Afrikaans, Hardcover): Karel Schoeman Afskeid van Europa (Afrikaans, Hardcover)
Karel Schoeman
R267 Discovery Miles 2 670 Ships in 4 - 8 working days

In Afskeid van Europa lewer Karel Schoeman verslag van sy laaste twee besoeke aan Nederland, Duitsland en Oostenryk gedurende die herfs van 2011 en 2013. Dit is veral die stede Amsterdam, Berlyn, Dresden, Salzburg en Wene wat aandag kry en ook met Schoeman se vermoe om mense en plekke wat hy waarneem, in woorde tot gestalte te bring. By dit alles is daar ’n ondertoon van heimwee en gelatenheid omdat die skrywer voortdurend bewus is daarvan dat dit werklik sy laaste besoeke is en hy dikwels aan sy ouderdom herinner word: “‘Elderly,’ lees ek op my vliegkaartjie, ‘can’t walk long distance can sit gate close 15 minutes prior to departure.’ Dit is ek.” Maar afgesien van die element van afskeid, is dit Schoeman se belesenheid en sy vermoe om hede en verlede te skakel wat opval en hierdie boek ’n ryk leeservaring maak. Nie alleen die politieke geskiedenis nie, maar ook die verhale van die gewone mens soos dit in die letterkunde uitgebeeld is, word in verband gebring met die strate, parke, kerke en paleise van die groot stede wat hy besoek. Onvermydelik skryf hy oor die twee wereldoorloe se impak op mens en omgewing, maar ook die vasberade inisiatiewe om te restoureer en te herstel in stede soos Berlyn en Dresden. Die hede met sy massatoerisme, die gewonde daaglikse gang van sake en veral ook die tipiese geregte van die plekke wat hy besoek, verseker dat die boek vir eietydse reisigers ook relevant is.

Slot van die dag: Gedagtes (Afrikaans, Hardcover): Karel Schoeman Slot van die dag: Gedagtes (Afrikaans, Hardcover)
Karel Schoeman
bundle available
R267 Discovery Miles 2 670 Ships in 4 - 8 working days

Slot van die dag: Gedagtes is die skrywer se mymeringe oor ouderdom en die einde van die lewe, saam met verspreide herinnerings van ’n algemene aard, om ’n ryk geskakeerde beeld te verskaf van ’n skrywerslewe van byna tagtig jaar. Die reeks outobiografiese boeke wat met ’n Duitser aan die Kaap, Merksteen en Die laaste Afrikaanse boek begin het, word hiermee afgesluit. Dit is 'n baie persoonlike boek oor ouderdom, die skryfproses en selfbeskikking met kommentaar op oud word en wees, met inbegrip van praktiese wenke, en heelwat inligting oor die moontlike en waarskynlike einde van die lewe. Die element van afskeid en gelatenheid is deurlopend. Die ouderdom is teenswoordig die vernaamste onderwerp van sy oorpeinsing, en die vernaamste element in sy daagliks ervarings. Die verwysings en aanhalings is treffend en spreek van iemand wat sy leeswereld ook sy leefwereld maak. Ten slotte verduidelik die skrywer sy bevrydende besluit oor selfdood.

Swanesang - Die einde van die Kompanjies tyd aan die Kaap, 1771-1795 (Afrikaans, Hardcover): Karel Schoeman Swanesang - Die einde van die Kompanjies tyd aan die Kaap, 1771-1795 (Afrikaans, Hardcover)
Karel Schoeman
R363 Discovery Miles 3 630 Ships in 4 - 8 working days

Die agtste en laaste deel van die reeks Kolonie aan die Kaap beskryf die agteruitgang en verval van die VOC en die gevolge wat dit vir Kaap gehad het gedurende die laaste kwarteeu van die VOC-bewind. Swanesang dek die tydperk vanaf die dood van goewerneur Rijk Tulbagh tot en met die eerste Britse besetting van die Kaap in 1795. Sy opvolgers, J.A van Pletterberg, J.C. de Graaff, die waarnemende goewerneur Rhenius en die laaste goewerneur, J.A. Sluysken, en die onsekerheid wat die laaste deel van die VOC-tydperk gekenmerk het, word belig. Afgesien van die amptelike rolle wat verskeie VOC-amptenare gespeel het, word ook aandag aan hulle karaktereienskappe en persoonlike lewens gegee om sodoende lewe aan die geskiedkundige figure te gee. Schoeman slaag egter veral daarin om naas die amptenary ook ’n beeld te gee van die lewe van gewone mense in die breer Kaapse samelewing. Besonder boeiend is die bespreking van die reise van verskeie natuurkundiges, soos die Swede Thunberg en Sparrman, die Skotte Masson en Paterson, die Nederlander Robert Jacob Gordon en die Franse Sonnerat en Le Vaillant. Veral die flambojante Le Vaillant se boeke was baie populer en het bygedra om die Kaap en sy interessante fauna en flora wyd bekend te maak. In die laaste hoofstukke word aandag gegee aan die Franse Rewolusie en ander politieke veranderinge in Europa wat Nederland verswak en tot die Britse oorname van die Kaap gelei het.

Hoogty, Deel 7 - Die Opbloei Van 'N Koloniale Kultuur Aan Die Kaap (Afrikaans, Hardcover): Karel Schoeman Hoogty, Deel 7 - Die Opbloei Van 'N Koloniale Kultuur Aan Die Kaap (Afrikaans, Hardcover)
Karel Schoeman
R368 Discovery Miles 3 680 Ships in 4 - 8 working days

Die sewende boek in Karel Schoeman se reeks oor die VOC-tydperk aan die Kaap die Goeie Hoop handel oor die tyd toe Ryk Tulbagh goewerneur van die Kaap was. Min is bekend oor Tulbagh se lewe in Nederland en oor die persoonlike aspekte van die man wat bekend was as “Vader Tulbagh, maar Schoeman slaag daarin om uit argivale en gepubliseerde bronne die Kaap tydens sy bewind lewe te gee. In die eerste groep hoofstukke word veral gekonsentreer op die Kompanjie en sy werksaamhede: die skeepvaart in en om Tafelbaai, die Kasteel as die sentrum van gesag aan die Kaap en die amptenary wat die werksaamhede van die VOC vlot moes laat verloop en verantwoordelik vir die handhawing van orde in die klein kolonie was. In die volgende hoofstuk word die nedersetting in die Tafelvallei bespreek, wat in Tulbagh se tyd al redelik dig bevolk was. Daarna kom die Liesbeekvallei en die uitbreiding van die kolonie na die Boland en nedersettings soos Stellenbosch, die Drakensteinvallei en die Wagenmakersvallei aan die orde. Volgens prof. O.J.O. Ferreira bewys hierdie werk dat Karel Schoeman tans die voorste kenner van die Kaapse kultuurgeskiedenis is: “Met sy deeglike navorsing, onderhoudende skyfstyl en raak aanvoeling vir dit wat die leser sal interesseer, het Schoeman ’n brok Suid-Afrikaanse kultuurgeskiedenis daargestel wat deur huidige en toekomstige geslagte historici, kultuurhistorici en gewone lesers met groot vrug as bron van inligting gebruik kan word, maar bowenal aan hulle ’n uitsonderlik genotvolle leeservaring sal verskaf.

'n Stil gemoed - 'n Inleiding tot die Boeddhisme meditasie (Afrikaans, Paperback): Rob Naim 'n Stil gemoed - 'n Inleiding tot die Boeddhisme meditasie (Afrikaans, Paperback)
Rob Naim; Translated by Karel Schoeman
R163 Discovery Miles 1 630 Ships in 4 - 8 working days

’n Stil gemoed verskyn oorspronklik in 1993 in Engels onder die titel Tranquil Mind. Die eerste Afrikaanse uitgawe verskyn in 1997, en die tyd is dus ryp vir ’n heruitgawe. ’n Stil gemoed is ’n eenvoudige inleiding tot die Boeddhisme en meditasie. Die Boeddhisme is wesenlik ’n aantal metodes om met die verstand en gemoed om te gaan. As ons hierdie metodes verstaan en op ons lewens toepas, sal hulle ons inherente vermoe om innerlike vrede, erbarming en wysheid te ervaar laat ontplooi deur die potensiaal van ons gees te ontwikkel. Mediteerders in die Weste ervaar unieke probleme as gevolg van hul kulturele, sosiale en sielkundige agtergrond. Aan die hand van sy uitgebreide akademiese en praktiese ervaring stel die skrywer van hierdie inleiding die onderwerp bekend op ’n manier wat met die invloede rekening hou.

Here En Boere, Boek 5 - Die Kolonie Aan Die Kaap Onder Die Van Der Stels, 1679-1712 (Afrikaans, Hardcover): Karel Schoeman Here En Boere, Boek 5 - Die Kolonie Aan Die Kaap Onder Die Van Der Stels, 1679-1712 (Afrikaans, Hardcover)
Karel Schoeman
R368 Discovery Miles 3 680 Ships in 4 - 8 working days
Burgers & Amptenare - Die vroeë ontwikkeling van die kolonie aan die Kaap, 1662?1679 (Afrikaans, Hardcover): Karel Schoeman Burgers & Amptenare - Die vroeë ontwikkeling van die kolonie aan die Kaap, 1662?1679 (Afrikaans, Hardcover)
Karel Schoeman
R363 Discovery Miles 3 630 Ships in 4 - 8 working days

Ddie vierde van vyf boeke oor vroeë blanke vestiging aan die Kaap. Hier word die vestigingsjare van die Nederlandse kolonie aan die Kaap beskryf. Die kommandeurs wat op Jan van Riebeeck gevolg het, staan in sy skadu en kry gewoonlik nie baie aandag in die geskiedenisboeke nie.

In die eerste hoofstukke van hierdie boek val die kollig egter op Zacharias Wagenaer, Cornelius van Quaelberg, Isband Goske en Joan Bax en hulle span VOC-amptenare. In die laaste deel van die boek kom die uitbreiding van die blanke nedersetting na die binneland en die totstandkoming van ’n klas gegoede en gevestigde vryburgers, onder die aandag. Die eerste vryburgers het mense ingesluit soos Steven Jansz Botma, W.C. Mostaert en die Duitser Jacob Cloete, wie se nasate vandag bekende Afrikaanse families vorm. Schoeman beskryf hoe hierdie vryburgers naas hulle boerderybedrywighede ook ander klein ondernemings begin het, soos taphuise, steenmakery en kleremakery.

Aan die hand van boedelinventarisse word nagegaan hoe party van die eens arm vryburgers geleidelik meer grond, vee, implemente en meubels kon bekom, ’n aanduiding van die toenemende welvaart van wat sou uitgroei tot ’n Kaapse elite.

Handelsryk In Die Ooste - Die Wêreld Van Die VOC, 1619?1685  (Afrikaans, Hardcover): Karel Schoeman Handelsryk In Die Ooste - Die Wêreld Van Die VOC, 1619?1685 (Afrikaans, Hardcover)
Karel Schoeman
R368 Discovery Miles 3 680 Ships in 4 - 8 working days

Handelsryk in die Ooste is die tweede deel van ’n vyfdelige reeks oor vroeë blanke vestiging aan die Kaap.

In dié deel beskryf Karel Schoeman die totstandkoming en bestuur van die Verenigde Oost-Indische Compagnie (VOC) se uitgebreide handelsnetwerk in die gebied van die Indiese Oseaan gedurende die sewentiende eeu. Vir die meeste Suid-Afrikaanse lesers wat maar min kennis van die VOC het, bied hierdie boek besonder baie insigte en word die stigting van die klein verversingspos aan die Kaap die Goeie Hoop in 1652 in konteks geplaas. Dit gee byvoorbeeld aandag aan die groot intra-Asiatiese handelsnetwerk wat selfs voor die koms van die Portugese en Spaanse ontdekkingsreisigers in die gebied bestaan het, aan die wedywering tussen die seevarende moondhede Portugal, Nederland, Engeland en Frankryk om vastrapplek in verskillende Oosterse lande te kry en aan die soms bloedige stryd om monopolieë in die handel met kosbare produkte soos speserye, tekstiel en porselein te verkry.

’n Aantal hoofstukke word gewy aan Batavia, die VOC se administratiewe hoofstad: Vanuit die VOC-kantore is die retoervlote gekoördineer; hiervandaan is verkenningstogte na die binneland onderneem; het die amptenary en ryk handelaars ’n swierige lewenstyl ontwikkel en het kosbare Oosterse meubels en tapyte modieus geword. Ten slotte word ook aandag aan die verskynsel van slawerny en die invloed wat dit gehad het op die koloniale lewe, ook aan die Kaap.

Die Vrou Wat Alleen Bly - Twee Draaiboeke (Afrikaans, Paperback): Karel Schoeman Die Vrou Wat Alleen Bly - Twee Draaiboeke (Afrikaans, Paperback)
Karel Schoeman
R210 Discovery Miles 2 100 In Stock

By geleentheid van die gevierde skrywer Karel Schoeman se 75ste verjaardag in Oktober 2014 publiseer Protea Boekhuis twee televisiedraaiboeke, wat, hoewel hulle geruime tyd gelede reeds geskryf is, nie voorheen gepubliseer is nie. In die voorwoord tot die twee draaiboeke meld Karel Schoeman dat die twee draaiboeke in 1985 ontstaan het, toe daar bewerkings van sy romans verfilm is. Die twee dramatekste sou miskien eerder as leestekste en nie as speeltekste nie beskou kon word, maar Schoeman sluit nie die moontlikheid van verfilming uit nie. Hy skryf verder: “Die betrokke manuskripte het onlangs aan die lig gekom nadat ek gemeen het dat dit lankal nie meer bestaan nie, en word nou gepubliseer soos hulle geskryf is, aangesien dit nie sinvol gelyk het om na verloop van meer as 'n kwarteeu nog daaraan te probeer verander of verbeter nie.” Die eerste van die twee tekste, “'n Vrou wat alleen bly”, speel op 'n klein plattelandse dorpie af. Dit handel oor die raaiselagtige skietdood van 'n geliefde dominee en oor die versteuring van verhoudings tussen mense wat mekaar reeds lank ken wanneer 'n nuweling die gemeenskap binnekom. Die tweede teks, “Hier was huise, hier 'n pad” speel in 1908 af in en om 'n hotelletjie aan die Suid-Kaapse kus. In hierdie draaiboek bevind 'n aantal uiteenlopende karakters hulle toevallig en kortstondig in mekaar se geselskap. Sommige van die karakters reik huiwerig na mekaar uit, maar die verhoudings wat ontstaan, bly vervlietend. Soos in 'n Tsjechow-drama toon Karel Schoeman in hierdie twee tekste watter intensiteit daar in klein menslike gebare, huiwerende gesprek en versigtige uitreik na ander kan le.

Kolonie Aan Die Kaap - Jan Van Riebeeck En Die Vestiging Van Die Eerste Blankes, 1652?1662  (Afrikaans, Hardcover): Karel... Kolonie Aan Die Kaap - Jan Van Riebeeck En Die Vestiging Van Die Eerste Blankes, 1652?1662 (Afrikaans, Hardcover)
Karel Schoeman
bundle available
R368 Discovery Miles 3 680 Ships in 4 - 8 working days

Kolonie aan die Kaap is die derde van vyf boeke oor vroeë blanke vestiging aan die Kaap.

In dié deel vestig Karel Schoeman die aandag op die eerste blanke intrekkers. Die VOC (Verenigde Oostindische Compagnie), het in 1651 besluit om in Tafelbaai ’n verversingspos te stig ten behoewe van die Kompanjie se skeepvaart tussen Nederland en die Ooste en dis met hierdie doel dat kommandeur Jan van Riebeeck in Desember van daardie jaar met sy vlootjie van vyf skepe na die Kaap uitgeseil het.

Die eerste hoofstuk gee aandag aan Van Riebeeck se lewe en loopbaan tot en met hierdie datum en in die tweede hoofstuk word die werksaamhede rondom die vestiging van die verversingspos aan die hand van Van Riebeeck se dagboeke en briewe en die geskrifte van vroeë besoekers beskryf. Die omstandighede van die pioniersgroepie wat uitvoering aan Van Riebeeck se opdragte en ambisieuse planne moes gee, word in hoofstuk 3 bespreek. Aanvanklik moes alle lewensmiddele, gereedskap, saad, plantjies en selfs perde uit die Ooste ingevoer word. ’n Fort, wat skuiling en beskerming teen wilde diere en vyandige Khoi-stamme moes gee, is in 1666 voltooi. Hoe die verskillende sosiale groeperinge soos die hoë amptenare, die ambagsmanne, soldate en slawe in dié Fort gewerk, geleef en soms ook gesterf het, die onthale, kerk- en gebedsdienste en militêre parades kom in hoofstuk 4 aan die bod.

’n Klein klompie hoë Kompanjiesamptenare was deel van die Kaapse nedersetting, maar dit was hoofsaaklik uit die groter groep werksvolk, soldate en matrose dat die latere vryburgers afkomstig was. Die uiters moeilike omstandighede, teenslae en mislukkings van die aanvanklike groepie van nege, maar ook die enkele suksesverhale, word in hoofstuk 7 bespreek. Die boek sluit af met ’n oorsig oor Van Riebeeck se latere loopbaan in die Ooste en sy oorlye in 1677.

Die Bosmans Van Drakenstein - 1705-1842 (Afrikaans, Paperback): Karel Schoeman Die Bosmans Van Drakenstein - 1705-1842 (Afrikaans, Paperback)
Karel Schoeman
R287 Discovery Miles 2 870 Ships in 4 - 8 working days

In 1707 is die Nederlander Hermanus Bosman as sieketrooster van die gemeente Drakenstein aangestel. Hy is getroud met die dogter van 'n Franse Hugenoot, en oor die volgende honderd jaar het hy en sy afstammelinge prominente inwoners van die distrikte Paarl en Stellenbosch geword.

Die Bosmans van Drakenstein bevat transkripsies van ongeveer 'n honderd briewe, ander persoonlike geskrifte, gedigte en dokumente uit die tydperk 1705–1842 wat met hierdie familie in verband staan, en toon veral hul belangstelling in godsdienstige en kerklike aangeleenthede en hul aktiewe betrokkenheid by die Theronsaak wat die gemeente Drakenstein jare lank verdeel het.

Die transkripsies is geannoteer, en voorsien van uitvoerige inleidings waarin hulle in hul sosiale en historiese konteks geplaas en verdere inligting oor die familie gegee word.

Die laaste reis (Afrikaans, Paperback, 2nd ed): Karel Schoeman Die laaste reis (Afrikaans, Paperback, 2nd ed)
Karel Schoeman
R220 Discovery Miles 2 200 Ships in 4 - 8 working days

Die laaste reis is Karel Schoeman se “reisbriewe” ? mymeringe, gedagtes en herinneringe van sy laaste drie kort reise na Lesotho saam met Jemina Meko en Mamohau Lekula wat hom die afgelope nege jaar versorg het. Dit behels drie kort verslae oor sy besoeke in die maand voor sy dood en is in die vorm van e-posse aan ’n paar “persoonlike korrespondente” gestuur. Vanselfsprekend staan die tema van afskeid sentraal in die briewe.

Deelstad (Afrikaans, Paperback): Karel Schoeman Deelstad (Afrikaans, Paperback)
Karel Schoeman
R306 Discovery Miles 3 060 Ships in 4 - 8 working days

Die fassinerende ontwikkelingsgeskiedenis van Berlyn loop baie nou saam met die ontwikkeling van die staat Pruise, die Eerste Wereldoorlog, die opkoms van Nazisme, die konsentrasiekampe naby die stad en die gruwels van die Tweede Wereldoorlog. Daar word ook uitgewei oor die bloeityd van die kabaret en film in die tyd tussen die oorloë en na die verdeling van die stad in Oos- en Wes-Berlyn ná die Tweede Wêreldoorlog.

Hierdie Lewe (Afrikaans, Paperback): Karel Schoeman Hierdie Lewe (Afrikaans, Paperback)
Karel Schoeman
bundle available
R365 R314 Discovery Miles 3 140 Save R51 (14%) Ships in 4 - 8 working days

’n Verbeeldingryke roman waarin die Suid-Afrikaanse verlede as tema gebruik word.

Ná ’n beroerte aan die einde van haar lewe mymer ’n bejaarde vrou oor die verlede – om hierdie lewe te volbring moet sy as die swygsame buitestaander in haar familiekring die raaisels rondom die gebeure en verhoudings van die verlede ontsluit.

Die Uur van die Engel (Afrikaans, Paperback): Karel Schoeman Die Uur van die Engel (Afrikaans, Paperback)
Karel Schoeman
bundle available
R415 R357 Discovery Miles 3 570 Save R58 (14%) Ships in 4 - 8 working days

In 1837 het ’n engel aan ’n jong skaapwagter verskyn, en die weerklank van hierdie gebeurtenis in sy eie lewe en dié van ander mense oor ’n tydperk van anderhalwe eeu is die onderwerp van dié uitsonderlike roman. Die verlede is “’n ander land . . . ’n netwerk wat saamgeweef is uit werklikheid en herinnering”.

Verliesfontein (Afrikaans, Paperback): Karel Schoeman Verliesfontein (Afrikaans, Paperback)
Karel Schoeman
bundle available
R365 R314 Discovery Miles 3 140 Save R51 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Verliesfontein was beoog as die eerste roman in die drieluik Stemme, maar is laaste voltooi. Net soos die ander twee titels, Hierdie lewe en Die uur van die engel, handel dié roman van Schoeman oor die Suid-Afrikaanse verlede. Hier is die sentrale gegewe die inval van die Vrystaatse kommando’s in die Kaapkolonie in die somer van 1900–1901, tydens die Anglo-Boereoorlog.

Skepelinge: Aanloop tot 'n roman (Afrikaans, Paperback): Karel Schoeman Skepelinge: Aanloop tot 'n roman (Afrikaans, Paperback)
Karel Schoeman
bundle available
R480 R412 Discovery Miles 4 120 Save R68 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Skepelinge is ’n impressionistiese betragting van die vroeë koloniale tydperk in die Suid-Afrikaanse geskiedenis, gebaseer op Schoeman se kennis van die VOC- tyd en meer spesifiek die skeepvaart. Self het die skrywer dit beskryf as ’n ‘hibriede skepping . . . wat in laaste instansie beoordeel moet word as produk van die skeppende verbeelding eerder as van navorsing’.

Tydens die boekstawing van die duisende skepelinge wat oor die eeue heen na die Kaap van Storms gereis en onderweg ook omgekom het, verweef Schoeman literêre stemme soos dié van Eliot, Auden, Eybers en Melville in Moby Dick met dokumente uit die oorspronklike dagboeke van die 1600’s en 1700’s, soos Van Riebeeck se Dagregister, Peter Kolb se noukeurige beskrywings van die Kaap en ander reisjoernale en geskiedkundige werke van die era.

Dit is geskiedskrywing soos geen ander Suid-Afrikaanse skrywer dit nog kon vermag nie. Skepelinge is ’n unieke nalatenskap – veral waar ‘oorsprong’ nou meer as ooit vantevore ondersoek word.

Die Suidhoek Van Afrika - Geskrifte Oor Suid-Afrika Uit Die Nederlandse Tyd, 1652 1806 (Afrikaans, Hardcover): Karel Schoeman Die Suidhoek Van Afrika - Geskrifte Oor Suid-Afrika Uit Die Nederlandse Tyd, 1652 1806 (Afrikaans, Hardcover)
Karel Schoeman
R248 Discovery Miles 2 480 Ships in 4 - 8 working days

Schoeman het nie net elke teks in Afrikaans vertaal nie, maar voorsien dit ook van onontbeerlike voetnotas en insiggewende redakteursnotas waarin konteks, geskiedenis en betekenisverklarings gegee word. Schoeman het hom veral toegespits op tekste van plaaslike inwoners en boorlinge, eerder as die van besoekers of reisigers, en wys in sy voorwoord daarop dat hierdie bloemlesing dus die vroegste geskrewe letterkunde van Suid-Afrika bevat. Die tekste (telkens deur Schoeman in Afrikaans vertaal) gee 'n beeld van die Nederlandse koloniale tydperk in Suid-Afrika.

The Early Mission in South Africa/Die Vroee Sending in Suid-Afrika (Afrikaans, English, Hardcover, New): Karel Schoeman The Early Mission in South Africa/Die Vroee Sending in Suid-Afrika (Afrikaans, English, Hardcover, New)
Karel Schoeman
R248 Discovery Miles 2 480 In Stock

In 1799 four missionaries - two English and two Dutch - arrived at the Cape, having been sent out by the London missionary society. This is their story.Although mission work by the Moravians had begun some time before, this meant the commencement of large-scale mission work in South Africa, and initiated what might be called the 'golden age' of missionary activity in South Africa. The Early Mission, 1799 1819 consists of 17 essays, some of them in Afrikaans, in which the noted writer and historian Karel Schoeman describes the life and work of a number of missionaries, mission assistants and artisans, 'native agents', catechists and lay helpers, including three women, who where involved in the establishment of the mission during the pioneer period. His subjects are mainly Dutch and indigenous mission workers in the service of the LMS and their work among the slave population of the Cape Colony and the inhabitants of the Orange River area beyond the northern frontier of the Colony."

Herlewing - Transvaal En Die Grensgebiede In Die Naoorlogsjare, 1902-1910 (Afrikaans, Paperback): Karel Schoeman Herlewing - Transvaal En Die Grensgebiede In Die Naoorlogsjare, 1902-1910 (Afrikaans, Paperback)
Karel Schoeman
bundle available
R420 R310 Discovery Miles 3 100 Save R110 (26%) Ships in 4 - 8 working days

In die vierde deel van die reeks Imperiale somer word aan Marabastad, die separatistiese kerke, die opkoms van die Afrikaners in die naoorlogsjare, die emigrasie van blankes na Oos-Afrika ná die oorlog, en die veldtog ten behoewe van die Indiërbevolking onder leiding van Gandhi aandag gegee. Anekdotes en kameebeskrywings kleur die vertelling in.

Dié deel lewer 'n belangrike bydrae tot 'n voorheen minder bekende tydperk in die Suid-Afrikaanse geskiedenis en sal 'n wye leespubliek en nie net vakkundiges nie boei.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Bostik Glu Dots - Extra Strength (64…
R48 Discovery Miles 480
Joseph Joseph Index Mini (Graphite)
R642 Discovery Miles 6 420
Dynasties - The Greatest Of Their Kind
David Attenborough DVD R33 Discovery Miles 330
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R398 R330 Discovery Miles 3 300
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R398 R330 Discovery Miles 3 300
Call The Midwife - Season 10
Jenny Agutter, Linda Bassett, … DVD R209 Discovery Miles 2 090
Bostik Wax Twisters (12 Pack)
R61 R56 Discovery Miles 560
Cricut Joy Machine
 (6)
R3,429 Discovery Miles 34 290
Aerolatte Cappuccino Art Stencils (Set…
R110 R95 Discovery Miles 950
Jabra Elite 5 Hybrid ANC True Wireless…
R2,899 R2,399 Discovery Miles 23 990

 

Partners